Van Dawid. ’n Melodie.
24 Aan Jehovah behoort die aarde en alles wat dit vul,+
Die vrugbare land en dié wat daarop woon.+
2 Want op die seë het hy dit gegrondves,+
En op die riviere hou hy dit stewig gevestig.+
3 Wie mag teen die berg van Jehovah opgaan,+
En wie mag in sy heiligdom opstaan?+
4 Enigiemand wat onskuldig van hande en rein van hart is,+
Wat My siel nie na blote waardeloosheid gevoer het nie,+
En ook nie ’n valse eed afgelê het nie.+
5 Hy sal seën wegdra van Jehovah+
En regverdigheid van sy God van redding.+
6 Dit is die geslag van dié wat hom soek,
Van dié wat u aangesig soek, o God van Jakob.+ Sela.
7 “Hef op julle hoofde, o poorte,+
En verhef julle, o eeue oue ingange,+
Sodat die glorieryke Koning kan ingaan!”+
8 “Wie is hierdie glorieryke Koning dan?”+
“Jehovah, sterk en magtig,+
Jehovah, magtig in die stryd.”+
9 “Hef op julle hoofde, o poorte;+
Ja, hef hulle op, o eeue oue ingange,
Sodat die glorieryke Koning kan ingaan!”+
10 “Wie is hy dan, hierdie glorieryke Koning?”
“Jehovah van die leërs—hy is die glorieryke Koning.”+ Sela.