Psalms
Vir die musiekleier van Jeduʹtun.+ ’n Melodie van Dawid.
39 Ek het gesê: “Ek sal my weë bewaak+
Om nie met my tong te sondig nie.+
Ek sal ’n muilband omsit as ’n wag vir my mond+
Solank daar ’n goddelose voor my is.”+
2 Ek het stom geword in stilte;+
Ek het stilgebly oor wat goed is,+
En die pyn waarin ek verkeer, is verban.
3 My hart het warm geword in my binneste;+
Gedurende my gesug het die vuur bly brand.
Ek het met my tong gespreek:
4 “Maak aan my, o Jehovah, my einde bekend,+
En die maat van my dae—wat dit is,+
Sodat ek kan weet hoe verganklik ek is.+
5 Kyk! U het my dae maar min gemaak;+
En my lewensduur is soos niks voor u.+
Waarlik, elke mens, al staan hy ook vas, is net ’n asemstoot.+ Sela.
6 Waarlik, as ’n skadubeeld wandel die mens rond.+
Waarlik, tevergeefs is hulle onstuimig.+
’n Mens hoop dinge op en weet nie wie dit sal insamel nie.+
11 Deur teregwysings teen oortreding het u die mens bestraf,+
En u verteer sy begeerlike dinge net soos ’n mot+ dit doen.
Waarlik, elke mens is ’n asemstoot.+ Sela.