Psalms
’n Lied. ’n Melodie van die kinders van Korag.+
2 Mooi weens sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde,+
Is die berg Sion aan die afgeleë kante van die noorde,+
Die stad van die Grootse Koning.+
3 In sy woontorings het God bekend geword as ’n veilige hoogte.+
5 Hulle het gesien; en daarom was hulle verbaas.
Hulle het ontsteld geraak, hulle is in paniek op die vlug gejaag.+
7 Met ’n oostewind laat u die skepe van Tarsis vergaan.+
8 Net soos ons gehoor het, so het ons gesien+
In die stad van Jehovah van die leërs, in die stad van ons God.+
God sal dit tot onbepaalde tyd stewig vestig.+ Sela.
10 Soos u naam,+ o God, so is u lof
Tot aan die grense van die aarde.
U regterhand is vol regverdigheid.+
11 Laat die berg Sion+ hom verbly,
Laat die afhanklike dorpe van Juda bly wees+ weens u regterlike beslissings.+