Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n Melodie.
47 Alle volke, klap julle hande.+
Roep God triomfantlik toe met die geluid van vreugdegeroep.+
2 Want Jehovah, die Allerhoogste, is vreesinboesemend,+
’n Groot Koning oor die hele aarde.+
3 Hy sal volke onder ons onderwerp+
En volksgroepe onder ons voete.+
4 Hy sal ons erfdeel vir ons uitkies,+
Die trots van Jakob, wat hy liefgehad het.+ Sela.
5 God het opgegaan met gejuig,+
Jehovah met die geluid van die horing.+
6 BESING God met melodieë, sing melodieë.+
Besing ons Koning met melodieë, sing melodieë.
7 Want God is Koning van die hele aarde;+
SING melodieë, handel oordeelkundig.+
8 God het koning geword oor die nasies.+
God het op sy heilige troon gaan sit.+
9 Die edeles van die volke het bymekaargekom,+
Saam met die volk van die God van Abraham.+
Want aan God behoort die skilde van die aarde.+
Hy is baie hoog verhewe.+