Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. ’n Lied.
2 O Hoorder van die gebed, ja, tot u sal mense van alle vlees kom.+
4 Gelukkig is die een wat u uitkies en laat nader kom,+
Sodat hy in u voorhowe kan woon.+
Ons sal beslis versadig word met die goeie van u huis,+
Die heilige plek van u tempel.+
5 Met vreesinboesemende dinge sal u ons in regverdigheid antwoord,+
O God van ons redding,+
Die Vertroue van al die grense van die aarde en dié wat ver weg op die see is.+
8 En die bewoners van die verste streke sal bang wees vir u tekens;+
U laat die uitgange van die oggend en die aand met vreugde uitroep.+
9 U het u aandag op die aarde gerig, sodat u dit oorvloed kan gee;+
U verryk dit grootliks.
Die stroom wat van God kom, is vol water.+
U berei hulle graan,+
Want so berei u die aarde.+