Psalms
’n Maskil. Van Asaf.+
2 Dink aan u vergadering wat u lank gelede verwerf het,+
Die stam wat u as u erfdeel losgekoop het,+
Hierdie berg Sion waarop u gewoon het.+
3 Hef tog u voetstappe op na die blywende puinhope.+
Die vyand het alles in die heiligdom sleg behandel.+
4 Dié wat u vyandiggesind is, het binne-in u vergaderplek gebrul.+
Hulle het hulle eie tekens as die tekens gestel.+
5 ’n Mens is berug wanneer hy soos iemand is wat byle omhoog hef teen ’n digte bos bome.
6 En nou slaan hulle ál die graverings daarvan stukkend, ja, met handbyl en pale waarvan die punte met yster beslaan is.+
7 Hulle het u heiligdom in die vuur gewerp.+
Hulle het die tabernakel van u naam tot die grond toe ontheilig.+
8 Hulle, ook hulle nageslag, het saam in hulle hart gesê:
“Al die vergaderplekke van God sal in die land verbrand word.”+
9 Ons tekens het ons nie gesien nie; daar is geen profeet meer nie,+
En daar is niemand by ons wat weet hoe lank nie.
10 Hoe lank, o God, sal die teenstander bly smaad?+
Sal die vyand u naam vir ewig met minagting bejeën?+
13 U het die see met u sterkte in beroering gebring;+
U het die koppe van die seemonsters in die waters verbreek.+
14 U het die koppe van die Leviaʹtan+ verbrysel.
U het dit as voedsel gegee vir die volk, vir dié wat die waterlose streke bewoon.+
18 Dink hieraan: Die vyand het gesmaad, o Jehovah,+
En ’n verstandelose volk het u naam met minagting bejeën.+
19 Moenie aan die wilde dier die siel van u tortelduif gee nie.+
Moenie die lewe van u geteisterdes vir ewig vergeet nie.+
21 Laat die verbryselde tog nie vernederd terugkeer nie.+
Laat die geteisterde en die arme u naam loof.+