Spreuke
8 Hou die wysheid nie aan om uit te roep+ en laat die onderskeidingsvermoë nie voortdurend sy stem hoor nie?+ 2 Op die top van die hoogtes,+ langs die pad, by die kruising van die paaie het dit gaan staan. 3 Aan die kant van die poorte, by die toegang tot die stad,+ waar mense die ingange binnegaan, bly dit hard uitroep:+
4 “Na julle, o mense, roep ek, en my stem is tot die mensekinders.+ 5 O onervarenes, verstaan skerpsinnigheid;+ en julle sotte, verstaan ’n verstandige hart.+ 6 Luister, want oor die vernaamste dinge praat ek,+ en my lippe gaan oop oor regskapenheid.+ 7 Want my verhemelte uiter waarheid+ op gedempte toon; en goddeloosheid is iets verfoeiliks vir my lippe.+ 8 Al die woorde van my mond is in regverdigheid gespreek.+ Daarin is niks wat verdraaid of verdorwe is nie.+ 9 Hulle is almal reguit vir iemand met onderskeidingsvermoë, en reg vir dié wat kennis vind.+ 10 NEEM my dissipline aan en nie silwer nie, en kennis eerder as uitgesoekte goud.+ 11 Want wysheid is beter as korale,+ en alle ander verlustiginge kan nie daarmee gelykgestel word nie.+
12 “Ek, wysheid, ek het by skerpsinnigheid+ gewoon en ek vind kennis van denkvermoëns.+ 13 Die vrees van Jehovah beteken om te haat wat sleg is.+ Selfverheffing en trots+ en die slegte weg en die verdorwe mond+ het ek gehaat. 14 Ek het raad+ en praktiese wysheid.+ Ek—begrip;+ ek het mag.+ 15 Deur my bly konings regeer en hou hoë amptenare aan om regverdigheid te verorden.+ 16 Deur my bly vorste as vorste heers+ en spreek edeles almal reg in regverdigheid.+ 17 Dié wat my liefhet, het ek lief,+ en dié wat my soek, hulle vind my.+ 18 Rykdom en heerlikheid is by my,+ oorgeërfde waardes en regverdigheid.+ 19 My vrug is beter as goud, ja, as gelouterde goud, en my opbrengs as uitgesoekte silwer.+ 20 Ek wandel op die pad van regverdigheid,+ in die middel van die weë van die reg,+ 21 om dié wat my liefhet, besittings te laat verkry;+ en hulle skatkamers hou ek vol.+
22 “Jehovah het my voortgebring as die begin van sy weg,+ die vroegste van sy werke van lank gelede.+ 23 Van onbepaalde tyd af is ek bevestig,+ van die begin af, van tye vroeër as die aarde af.+ 24 Toe daar geen waterdieptes was nie, is ek asof met geboortepyne voortgebring,+ toe daar geen fonteine, swaar belaai met water, was nie. 25 Voordat die berge gevestig is,+ vóór die heuwels, is ek asof met geboortepyne voortgebring, 26 toe hy nog nie die aarde+ en die oop ruimtes en die eerste deel van die stofmassas van die vrugbare land+ gemaak het nie. 27 Toe hy die hemele berei het, was ek daar;+ toe hy ’n kring oor die oppervlak van die waterdiepte verorden het,+ 28 toe hy die wolkmassas daar bo verstewig het+, toe hy die fonteine van die waterdiepte sterk laat word het,+ 29 toe hy vir die see sy verordening gestel het, dat die waters nie sy bevel sou oorskry nie,+ toe hy die fondamente van die aarde verorden het,+ 30 toe het ek ’n meesterwerker naas hom geword,+ en ek het die een geword vir wie hy dag na dag besonder lief was,+ terwyl ek die hele tyd voor hom verheug was,+ 31 verheug oor die vrugbare land van sy aarde,+ en die dinge waarvoor ek lief was, was by die mensekinders.+
32 “En nou, o seuns, luister na my; ja, gelukkig is dié wat my weë hou.+ 33 Luister na dissipline en word wys,+ en moet dit nie verontagsaam nie.+ 34 Gelukkig is die mens wat na my luister deur dag na dag by my deure wakker te bly, deur by die syposte van my ingange te waak.+ 35 Want wie my vind, sal beslis die lewe vind+ en verkry welwillendheid van Jehovah.+ 36 Maar wie my mis, doen sy siel geweld aan;+ almal wat my intens haat, hulle het die dood lief.”+