Jesaja
38 In dié dae het Hiskiʹa tot die dood toe siek geword.+ Toe het die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, by hom gekom en vir hom gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Gee bevele aan jou huisgesin,+ want jy sal inderdaad sterf en nie lewe nie.’”+ 2 Daarop het Hiskiʹa sy gesig na die muur gedraai+ en tot Jehovah begin bid+ 3 en gesê: “Ek smeek u, o Jehovah, onthou+ asseblief hoe ek in waaragtigheid+ en met ’n volkome hart+ voor u gewandel het+ en gedoen het wat goed was in u oë.” En Hiskiʹa het bitterlik begin huil.+
4 En die woord+ van Jehovah het toe tot Jesaja gekom en gesê: 5 “Gaan, en jy moet vir Hiskiʹa sê: ‘Só het Jehovah, die God van jou voorvader Dawid,+ gesê: “Ek het jou gebed gehoor.+ Ek het jou trane gesien.+ Kyk, ek voeg vyftien jaar by jou dae;+ 6 en uit die palm van die koning van Assiʹrië sal ek jou en hierdie stad verlos, en ek sal hierdie stad verdedig.+ 7 En dít is vir jou die teken van Jehovah af dat Jehovah hierdie woord sal uitvoer wat hy gespreek het:+ 8 Kyk, ek laat die skaduwee van die trappies wat weens die son+ op die trappies van die trap van Agas gedaal het, tien trappies teruggaan.”’”+ En die son het geleidelik tien trappies teruggegaan op die trappies waarlangs dit gedaal het.+
9 ’n Geskrif van Hiskiʹa, die koning van Juda, toe hy siek geword+ en van sy siekte herstel het.+
10 Ek het gesê: “In die middel van my dae sal ek die poorte+ van Sjeool binnegaan.
Ek sal van die res+ van my jare beroof word.”
11 Ek het gesê: “Ek sal Jah, selfs Jah, nie in die land van die lewendes+ sien nie.
Ek sal die mensdom nie meer aanskou nie—ek sal wees by die inwoners van die land waar alles tot ’n einde kom.
12 My woonplek is opgebreek+ en van my weggeneem soos die tent van herders.
Ek het my lewe opgerol net soos ’n wewer;
Ek word van die skeringdrade afgesny.+
Van ligdag tot nag bly u my oorlewer.+
13 Ek het my tot die oggend toe tot bedaring gebring.+
Soos ’n leeu, so bly hy al my bene breek;+
Van ligdag tot nag bly u my oorlewer.+
14 Soos die windswael, die tiptol, so bly ek piep;+
Ek hou aan koer soos die duif.+
My oë het smagtend na die hoogte gekyk:+
‘O Jehovah, ek is in verdrukking. Staan vir my in.’+
15 Wat sal ek spreek, en wat sal hy vir my sê?+
Hy het ook opgetree.+
Ek wandel al my jare plegtig in die bitterheid van my siel.+
16 ‘O Jehovah, daarom bly hulle lewe; en soos met almal bestaan die lewe van my gees+ daardeur.
En u sal my weer gesond maak en my beslis laat lewe.+
17 Kyk! Tot vrede het ek gehad wat bitter was, ja, bitter;+
En u het aan my siel geheg geraak en dit van die kuil van ontbinding bewaar.+
Want u het al my sondes agter u rug gewerp.+
18 Want Sjeool kan u nie prys nie;+ die dood kan u nie loof nie.+
Dié wat in die kuil afdaal, kan nie hoopvol na u waaragtigheid uitsien nie.+
19 Die lewende, die lewende, hy kan u prys,+
Net soos ek vandag kan.+
Die vader kan aan sy kinders kennis+ oor u waaragtigheid gee.
20 O Jehovah, neem dit op u om my te red,+ en ons sal my snaarmusiek speel+
Al die dae van ons lewe in die huis van Jehovah.’”+
21 En Jesaja het gesê: “Laat hulle ’n koek van saamgeperste droëvye neem en dit op die sweer invryf,+ sodat hy kan herstel.”+ 22 Intussen het Hiskiʹa gesê: “Wat is die teken dat ek na die huis van Jehovah sal opgaan?”+