Lukas
7 Toe hy al sy woorde ten aanhore van die volk voltooi het, het hy in Kaperʹnaum ingegaan.+ 2 En die slaaf van ’n sekere leëroffisier, wat vir hom dierbaar was, was siek en het op sterwe gelê.+ 3 Toe hy van Jesus hoor, het hy ouer manne van die Jode na hom toe gestuur om hom te vra om te kom en sy slaaf veilig deur te haal. 4 Daarop het dié wat na Jesus toe gekom het, hom ernstig begin soebat en gesê: “Hy is dit werd dat u dit vir hom doen, 5 want hy het ons nasie lief+ en hy het self die sinagoge vir ons gebou.” 6 Toe het Jesus saam met hulle vertrek. Maar toe hy nie ver van die huis af was nie, het die leëroffisier reeds vriende gestuur om vir hom te sê: “Meneer, moenie moeite doen nie, want ek is dit nie werd dat u onder my dak inkom nie.+ 7 Daarom het ek my nie waardig geag om na u toe te kom nie. Maar spreek die woord en laat my kneg gesond word. 8 Want ek is ook ’n man wat onder gesag geplaas is en het soldate onder my, en vir hierdie een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan, en vir ’n ander een: ‘Kom!’ en hy kom, en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.”+ 9 Wel, toe Jesus hierdie dinge hoor, was hy verwonderd oor hom, en hy het omgedraai na die skare wat hom gevolg het en gesê: “Ek sê vir julle: Nie eens in Israel het ek so ’n groot geloof gevind nie.”+ 10 En toe dié wat gestuur was, by die huis terugkom, het hulle die slaaf gesond gevind.+
11 Kort hierna het hy na ’n stad gereis wat Nain genoem word, en sy dissipels en ’n groot skare het saam met hom gereis. 12 Toe hy naby die poort van die stad kom, kyk! toe word daar ’n dooie+ uitgedra, die enigste+ seun van sy moeder. Sy was boonop ’n weduwee. Daar was ook ’n aansienlike skare uit die stad by haar. 13 En toe die Here haar sien, is hy ontroer deur innige jammerte+ vir haar, en hy het vir haar gesê: “Hou op huil.”+ 14 Daarop het hy nader gegaan en die baar aangeraak, en die draers het gaan staan, en hy het gesê: “Jong man, ek sê vir jou: Staan op!”+ 15 En die dooie man het regop gaan sit en begin praat, en hy het hom aan sy moeder gegee.+ 16 En vrees+ het hulle almal aangegryp, en hulle het God begin verheerlik en gesê: “’n Groot profeet+ is onder ons verwek”, en: “God het sy aandag op sy volk gerig.”+ 17 En hierdie nuus aangaande hom het deur die hele Judeʹa en die hele omliggende gebied versprei.
18 En Johannes se dissipels het hom van al hierdie dinge vertel.+ 19 Toe het Johannes twee van sy dissipels na hom toe geroep en hulle na die Here toe gestuur om te sê: “Is u die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?”+ 20 Toe hulle by hom kom, het die manne gesê: “Johannes die Doper het ons na u toe gestuur om te sê: ‘Is u die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?’” 21 In daardie uur het hy baie genees van siektes+ en ernstige kwale en bose geeste en aan baie blindes die vermoë geskenk om te sien. 22 Hy het derhalwe geantwoord en vir die twee gesê: “Gaan+ vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: die blindes+ sien, die kreupeles loop, die melaatses word gereinig en die dowes hoor, die dooies word opgewek, aan die armes word die goeie nuus verkondig.+ 23 En gelukkig is hy wat nie aanstoot aan my geneem het nie.”+
24 Toe Johannes se boodskappers weggegaan het, het hy vir die skare oor Johannes begin sê: “Wat het julle in die wildernis uitgegaan om te aanskou? ’n Riet wat deur die wind heen en weer beweeg word?+ 25 Wat het julle dan uitgegaan om te sien? ’n Man geklee in sagte boklere?+ Dié in pragtige kleredrag en wat in weelde lewe, is immers in koninklike huise.+ 26 Wat het julle dan eintlik uitgegaan om te sien? ’n Profeet?+ Ja, ek sê vir julle, en baie meer as ’n profeet.+ 27 Dit is hy van wie daar geskrywe staan: ‘Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou aangesig uit,+ wat jou weg voor jou uit sal berei.’+ 28 Ek sê vir julle: Onder dié wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter+ as Johannes nie; maar iemand wat ’n mindere in die koninkryk van God is, is groter as hy.”+ 29 (En toe hulle dit hoor, het al die mense en die belastinggaarders verklaar dat God regverdig is,+ aangesien hulle met die doop van Johannes gedoop is.+ 30 Maar die Fariseërs en dié wat met die Wet vertroud was, het God se raad aan hulle verontagsaam,+ aangesien hulle nie deur hom gedoop is nie.)
31 “Met wie sal ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en soos wie is hulle?+ 32 Hulle is soos jong kinders wat op ’n markplein sit en mekaar toeroep en wat sê: ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, maar julle het nie gedans nie; ons het geweeklaag, maar julle het nie gehuil nie.’+ 33 Net so het Johannes die Doper gekom en geen brood geëet of wyn gedrink nie, maar julle sê: ‘Hy het ’n demoon.’+ 34 Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, maar julle sê: ‘Kyk! ’n Mens wat vraatsugtig en aan wyn verslaaf is, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars!’+ 35 Nietemin, die wysheid+ word deur al sy kinders geregverdig.”+
36 En een van die Fariseërs het hom bly vra om by hom te kom eet. Toe het hy in die huis van die Fariseër ingegaan+ en aan tafel gegaan. 37 En kyk! ’n vrou wat in die stad as ’n sondares bekend gestaan het, het verneem dat hy in die huis van die Fariseër vir ’n maaltyd aan tafel was, en sy het ’n albaste fles+ welriekende olie gebring 38 en ’n plek agter by sy voete ingeneem, en sy het gehuil en sy voete met haar trane begin natmaak en hulle met die hare van haar kop afgedroog. Ook het sy sy voete teer gesoen en hulle met die welriekende olie gesalf. 39 Toe die Fariseër wat hom genooi het, dit sien, het hy by homself gesê: “As hierdie man ’n profeet was,+ sou hy geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ’n sondares is.”+ 40 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Simon, ek het iets om vir jou te sê.” Hy het gesê: “Leermeester, sê dit!”
41 “Twee manne was skuldenaars van ’n sekere geldskieter; die een het vyfhonderd denaʹrii geskuld,+ maar die ander vyftig. 42 Toe hulle niks gehad het om mee terug te betaal nie, het hy hulle albei dit vryelik kwytgeskeld.+ Wie van hulle sal hom dan die meeste liefhê?” 43 Simon het geantwoord en gesê: “Ek veronderstel die een wat hy die meeste vryelik kwytgeskeld het.” Hy het vir hom gesê: “Jy het korrek geoordeel.” 44 Daarop het hy omgedraai na die vrou en vir Simon gesê: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis ingekom; jy het my geen water vir my voete gegee nie.+ Maar hierdie vrou het my voete met haar trane natgemaak en hulle met haar hare afgedroog. 45 Jy het my geen soen gegee nie;+ maar hierdie vrou het, van die uur dat ek ingekom het, nie opgehou om my voete teer te soen nie. 46 Jy het my kop nie met olie gesalf nie;+ maar hierdie vrou het my voete met welriekende olie gesalf. 47 Op grond hiervan, sê ek vir jou, is haar sondes, hoewel hulle baie is, vergewe,+ want sy het baie liefgehad; maar hy wat min vergewe word, het min lief.” 48 Toe het hy vir haar gesê: “Jou sondes is vergewe.”+ 49 Hierop het dié wat saam met hom aan tafel was, by hulleself begin sê: “Wie is hierdie man wat selfs sondes vergewe?”+ 50 Maar hy het vir die vrou gesê: “Jou geloof het jou gered;+ gaan in vrede.”+