7 En Jehovah God het die mens uit stof+ van die aarde+ begin vorm en in sy neusgate die asem van die lewe geblaas,+ en die mens het ’n lewende siel geword.+
32 “Vra nou asseblief oor die vroeëre dae+ wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het,+ van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel: Is iets so groots ooit tot stand gebring of is so iets ooit gehoor?+
16 Want ek sal nie tot onbepaalde tyd twis nie, en ook sal ek nie vir altyd verontwaardig wees nie;+ want weens my sou die gees swak word,+ ja, die skepsele wat asemhaal wat ek gemaak het.+
5 ‘Ek het die aarde,+ die mense+ en die diere+ wat op die oppervlak van die aarde is, deur my groot krag+ en deur my uitgestrekte arm+ gemaak; en ek het dit gegee aan wie dit reg was in my oë.+