17 En hulle het na Juda opgetrek en dit binnegedring en al die goed wat in die koning se huis+ te vinde was, en ook sy seuns en sy vrouens, weggevoer,+ en daar het vir hom geen seun oorgebly nie, behalwe Joʹahas,+ sy jongste seun.
18 Wat die Filistyne+ betref, hulle het in die stede van die Sjefeʹla+ en die Negeb+ van Juda ’n inval gedoen en het Bet-Semes+ en Aʹjalon+ en Gedeʹrot+ en Sogo+ en sy afhanklike dorpe en Timna+ en sy afhanklike dorpe en Gimso en sy afhanklike dorpe ingeneem; en hulle het daar gaan woon.