24 “Niemand kan twee here as slaaf dien nie; want hy sal óf die een haat en die ander liefhê,+ óf die een aankleef en die ander verag. Julle kan nie God én Rykdom as slawe dien nie.+
14 Wat dié betref wat tussen die dorings geval het, dit is hulle wat gehoor het, maar omdat hulle deur sorge en rykdom en genietinge+ van hierdie lewe meegesleep word, word hulle heeltemal verstik en bring hulle niks tot volmaaktheid nie.+
9 Dié wat egter vasbeslote is om ryk te wees, val in versoeking+ en ’n strik en talle sinnelose en skadelike begeertes,+ wat mense in vernietiging en verderf stort.+
10 Want Demas+ het my verlaat omdat hy die teenswoordige stelsel+ van dinge liefgehad het, en hy het na Tessaloniʹka gegaan; Kressens na Galaʹsië,+ Titus na Dalmaʹsië.