14 daarom, hier is ek, die Een wat weer wonderbaarlik met hierdie volk sal handel,+ op ’n wonderbare wyse en met iets wonderbaarliks; en die wysheid van hulle wyses sal vergaan, en die verstand van hulle verstandiges sal wegskuil.”+
25 Hierop het Jesus in dié tyd gesê: “Ek loof u in die openbaar, Vader, Here van hemel en aarde, omdat u hierdie dinge vir die wyse en intellektuele mense verberg het en dit aan klein kindertjies geopenbaar het.+
13 Daarom praat ek met hulle deur middel van illustrasies, want hulle kyk, maar hulle kyk tevergeefs, en hulle hoor, maar hulle hoor tevergeefs, en ook begryp hulle nie die sin daarvan nie;+
19 En dít is die grondslag vir die oordeel, dat die lig+ in die wêreld ingekom het+ maar die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad het,+ want hulle werke was goddeloos.
26 en gesê: ‘Gaan na hierdie volk toe en sê: “Wanneer julle hoor, sal julle hoor, maar hoegenaamd nie verstaan nie; en wanneer julle kyk, sal julle kyk, maar hoegenaamd nie sien nie.+
28 En net soos hulle dit nie goedgevind het om God in juiste kennis+ te hou nie, het God hulle aan ’n afgekeurde geestestoestand+ oorgegee, om die dinge te doen wat nie gepas is nie,+
9 Want as hierdie dinge by iemand nie aanwesig is nie, is hy blind en sluit hy sy oë vir die lig+ en het hy die reiniging+ van sy sondes van lank gelede vergeet.+