-
Deuteronomium 21:18-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 “As ’n man ’n seun het wat hardkoppig en opstandig is en wat nie sy pa of sy ma gehoorsaam nie+ en hulle hom probeer reghelp het, maar hy weier om na hulle te luister,+ 19 dan moet sy pa en sy ma hom na die ouermanne by die poort van sy stad neem 20 en vir die ouermanne van sy stad sê: ‘Hierdie seun van ons is hardkoppig en opstandig, en hy weier om ons te gehoorsaam. Hy is ’n vraat+ en ’n dronkaard.’+ 21 Dan moet al die manne van sy stad hom met klippe doodgooi. So moet julle dit wat sleg is, onder julle uit verwyder, en die hele Israel sal dit hoor en bang word.+
-