-
Josua 13:2-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Dít is die gebied wat nog oorbly:+ al die gebiede van die Filistyne en van die Gesuriete+ 3 (van die tak van die Nyl* af wat oos van* Egipte is tot by die grens van Ekron in die noorde, wat voorheen as Kanaänitiese gebied beskou is),+ insluitende die gebied van die vyf leiers van die Filistyne+ – die Gasiete, die Asdodiete,+ die Askeloniete,+ die Gittiete+ en die Ekroniete+ – en die gebied van die Awwiete+ 4 in die suide, die hele land van die Kanaäniete, Meʹara, wat aan die Sidoniërs+ behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete, 5 die land van die Gebaliete+ en die hele Liʹbanon in die ooste, vanaf Baäl-Gad aan die voet van die berg Hermon tot by Lebo-Hamat,*+ 6 al die inwoners van die bergstreek, van die Liʹbanon+ af tot by Misʹrefot-Maʹim,+ en al die Sidoniërs.+ Ek sal hulle voor die Israeliete uit verdryf.+ Jy moet dit net aan Israel as ’n erfdeel toewys, net soos ek jou beveel het.+
-