-
1 Konings 12:28-30Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
28 Nadat die koning by sy raadgewers raad gevra het, het hy twee goue kalwers+ gemaak en vir die volk gesê: “Dit is vir julle te veel om na Jerusalem op te gaan. Hier is julle God, wat julle uit Egipte uitgelei het,+ o Israel.” 29 Toe het hy die een in Bet-El+ gesit, en die ander een in Dan.+ 30 En dit het die volk laat sondig.+ Hulle het selfs tot by Dan gegaan om die een wat daar was, te aanbid.
-
-
1 Konings 13:33, 34Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
33 Selfs nadat hierdie dinge gebeur het, het Jeroʹbeam nie sy slegte weë gelos nie, maar hy het aangehou om uit die volk priesters vir die offerhoogtes aan te stel. Hy het sommer enigiemand as priester aangestel+ wat ’n priester wou wees, en gesê: “Laat hom een van die priesters vir die offerhoogtes+ word.” 34 Hierdie sonde van die huis van Jeroʹbeam+ het tot hulle vernietiging gelei, en hulle is van die oppervlak van die aarde af uitgeroei.+
-