-
1 Konings 16:30-33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 Agab, die seun van Omri, was slegter in die oë van Jehovah as almal wat voor hom was.+ 31 Asof dit nie erg genoeg was dat hy dieselfde sondes gepleeg het as Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, nie, het hy ook Iseʹbel,+ die dogter van Etʹbaäl, die koning van die Sidoniërs,+ as vrou geneem en Baäl begin dien+ en voor hom neergebuig. 32 Hy het ook vir Baäl ’n altaar opgerig in die tempel* van Baäl+ wat hy in Samariʹa gebou het. 33 Agab het ook die heilige paal*+ gemaak. Agab het meer gedoen om Jehovah, die God van Israel, aanstoot te gee as al die konings van Israel wat voor hom was.
-