Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esegiël 12
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Esegiël

      • Ballingskap simbolies voorspel (1-20)

        • Bagasie vir ballingskap (1-7)

        • Hoofman sal in donker vertrek (8-16)

        • Brood van angstigheid, water van groot bekommernis (17-20)

      • Bedrieglike spreekwoord vals bewys (21-28)

        • “Nie een van my woorde sal uitgestel word nie” (28)

Esegiël 12:2

Kantlynverwysings

  • +Jes 6:9, 10; Jer 5:21; Ro 11:8
  • +Ese 2:3, 5

Esegiël 12:4

Kantlynverwysings

  • +2Kr 36:20; Jer 52:10, 11

Esegiël 12:5

Kantlynverwysings

  • +2Kn 25:4

Esegiël 12:6

Kantlynverwysings

  • +Jes 8:18; Ese 4:3; 24:24

Esegiël 12:10

Kantlynverwysings

  • +Jer 21:7; Ese 21:25

Esegiël 12:11

Kantlynverwysings

  • +Ese 24:24
  • +Jer 52:15

Esegiël 12:12

Kantlynverwysings

  • +2Kn 25:4; Jer 39:4

Esegiël 12:13

Kantlynverwysings

  • +Jer 52:9; Ese 17:20, 21
  • +2Kn 25:6, 7; Jer 34:3; 52:11; Ese 17:16

Esegiël 12:14

Kantlynverwysings

  • +2Kn 25:5
  • +Le 26:33; Jer 42:15, 16

Esegiël 12:18

Kantlynverwysings

  • +Le 26:26

Esegiël 12:19

Kantlynverwysings

  • +Jes 6:11; Sag 7:14
  • +Ps 107:33, 34; Jer 6:7

Esegiël 12:20

Kantlynverwysings

  • +Jes 64:10; Jer 25:9
  • +Ese 6:13

Esegiël 12:22

Kantlynverwysings

  • +Jes 5:19; Am 6:3; 2Pe 3:3, 4

Esegiël 12:23

Kantlynverwysings

  • +Jl 2:1; Sef 1:14

Esegiël 12:24

Voetnote

  • *

    Of “vleiende”.

Kantlynverwysings

  • +Jer 14:14; Klg 2:14; Ese 13:23

Esegiël 12:25

Kantlynverwysings

  • +Klg 2:17; Sag 1:6
  • +Jer 16:9; Hab 1:5

Esegiël 12:27

Voetnote

  • *

    Lett. “huis”.

Kantlynverwysings

  • +Jes 5:19; 28:15; 2Pe 3:3, 4

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eseg. 12:2Jes 6:9, 10; Jer 5:21; Ro 11:8
Eseg. 12:2Ese 2:3, 5
Eseg. 12:42Kr 36:20; Jer 52:10, 11
Eseg. 12:52Kn 25:4
Eseg. 12:6Jes 8:18; Ese 4:3; 24:24
Eseg. 12:10Jer 21:7; Ese 21:25
Eseg. 12:11Ese 24:24
Eseg. 12:11Jer 52:15
Eseg. 12:122Kn 25:4; Jer 39:4
Eseg. 12:13Jer 52:9; Ese 17:20, 21
Eseg. 12:132Kn 25:6, 7; Jer 34:3; 52:11; Ese 17:16
Eseg. 12:142Kn 25:5
Eseg. 12:14Le 26:33; Jer 42:15, 16
Eseg. 12:18Le 26:26
Eseg. 12:19Jes 6:11; Sag 7:14
Eseg. 12:19Ps 107:33, 34; Jer 6:7
Eseg. 12:20Jes 64:10; Jer 25:9
Eseg. 12:20Ese 6:13
Eseg. 12:22Jes 5:19; Am 6:3; 2Pe 3:3, 4
Eseg. 12:23Jl 2:1; Sef 1:14
Eseg. 12:24Jer 14:14; Klg 2:14; Ese 13:23
Eseg. 12:25Klg 2:17; Sag 1:6
Eseg. 12:25Jer 16:9; Hab 1:5
Eseg. 12:27Jes 5:19; 28:15; 2Pe 3:3, 4
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Esegiël 12:1-28

Esegiël

12 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, jy woon in ’n opstandige huis. Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie, en ore om te hoor, maar hulle hoor nie,+ want hulle is ’n opstandige huis.+ 3 Maar jy, mensekind, kry vir jou goed bymekaar om saam te vat wanneer jy in ballingskap gaan. Dan moet jy gedurende die dag in ballingskap gaan terwyl hulle vir jou kyk. Gaan van jou huis af in ballingskap na ’n ander plek toe terwyl hulle vir jou kyk. Miskien sal hulle dit oplet, al is hulle ’n opstandige huis. 4 Jy moet gedurende die dag terwyl hulle vir jou kyk, jou goed wat jy vir ballingskap gereedgekry het, uitbring, en dan moet jy in die aand terwyl hulle vir jou kyk, vertrek soos iemand wat in ballingskap weggeneem word.+

5 “Breek ’n gat deur die muur terwyl hulle vir jou kyk, en dra jou besittings daardeur uit.+ 6 Sit jou besittings op jou skouer terwyl hulle vir jou kyk, en dra dit in die donker uit. Bedek jou gesig sodat jy nie die grond kan sien nie, want ek maak jou ’n teken vir die huis van Israel.”+

7 Ek het presies gedoen soos ek beveel is. Gedurende die dag het ek die goed wat ek vir ballingskap gereedgekry het, uitgebring, en in die aand het ek met die hand ’n gat deur die muur gebreek. En toe dit donker was, het ek my besittings reg voor hulle oë op my skouer uitgedra.

8 In die oggend het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 9 “Mensekind, het die huis van Israel, die opstandige huis, nie vir jou gevra wat jy doen nie? 10 Sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Hierdie boodskap hou verband met die hoofman+ in Jerusalem en die hele huis van Israel in die stad.”’

11 “Sê: ‘Ek is ’n teken vir julle.+ Net soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word. Hulle sal in ballingskap gaan, in gevangenskap.+ 12 Die hoofman onder hulle sal sy besittings op sy skouer dra en in die donker vertrek. Hy sal ’n gat deur die muur breek en sy besittings daardeur dra.+ Hy sal sy gesig bedek sodat hy nie die grond kan sien nie.’ 13 Ek sal my net oor hom uitsprei, en hy sal in my vangnet gevang word.+ Dan sal ek hom na Babilon bring, na die land van die Galdeërs, maar hy sal dit nie sien nie, en hy sal daar sterf.+ 14 Ek sal almal om hom, sy helpers en sy soldate, in alle rigtings verstrooi,+ en ek sal ’n swaard uittrek om hulle agterna te sit.+ 15 En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi. 16 Maar ek sal seker maak dat ’n paar van hulle nie deur die swaard, die hongersnood en die vreeslike siektes sterf nie, sodat hulle die nasies waarheen hulle sal gaan, van al hulle afskuwelike gebruike kan vertel, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”

17 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 18 “Mensekind, jy moet jou brood eet terwyl jy bewe en jou water drink terwyl jy ontsteld en angstig is.+ 19 Sê vir die volk van die land: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir die inwoners van Jerusalem in die land van Israel sê: “Hulle sal hulle brood met angstigheid eet en hulle water met groot bekommernis drink, want hulle land sal heeltemal verlate word+ as gevolg van die geweld van almal wat daarin woon.+ 20 Die bewoonde stede sal verwoes word, en die land sal ’n verwoeste plek word,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’”+

21 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 22 “Mensekind, wat is hierdie spreekwoord wat julle in Israel het, wat sê: ‘Die dae gaan verby, en elke visioen loop op niks uit nie’?+ 23 Daarom moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal hierdie spreekwoord tot ’n einde laat kom, en hulle sal dit nie meer as ’n spreekwoord in Israel gebruik nie.”’ Maar sê vir hulle: ‘Die dae is naby,+ en elke visioen sal waar word.’ 24 Want daar sal nie meer enige valse visioen of bedrieglike* voorspellings in die huis van Israel wees nie.+ 25 ‘“Want ek, Jehovah, sal praat. Wat ek ook al sê, sal sonder enige verdere uitstel gedoen word.+ O opstandige huis, in julle dae+ sal ek die woord spreek en dit uitvoer,” sê die Soewereine Heer Jehovah.’”

26 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 27 “Mensekind, dít is wat die volk* van Israel sê: ‘Die visioen wat hy sien, sal eers oor ’n lang tyd waar word, en hy profeteer oor die verre toekoms.’+ 28 Daarom moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “‘Nie een van my woorde sal uitgestel word nie. Wat ek ook al sê, sal gedoen word,’ verklaar die Soewereine Heer Jehovah.”’”

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel