Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Josua 9:18-20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Maar die Israeliete het hulle nie aangeval nie omdat die hoofmanne van die gemeenskap vir hulle ’n eed gesweer het by Jehovah,+ die God van Israel. Daarom het die hele gemeenskap van Israel teen die hoofmanne begin kla. 19 Toe het al die hoofmanne vir die hele gemeenskap van Israel gesê: “Ons het ’n eed gesweer by Jehovah, die God van Israel, en daarom kan ons niks aan hulle doen nie. 20 Dít is wat ons sal doen: Ons sal hulle laat lewe, sodat God nie vir ons woedend word as gevolg van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.”+

  • Rigters 11:34, 35
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 34 Uiteindelik het Jefta by sy huis in Mispa+ aangekom, en sy dogter het uitgekom om hom te ontmoet terwyl sy dans en op die tamboeryn speel! Sy was sy enigste kind. Hy het geen ander kinders gehad nie. 35 Toe hy haar sien, het hy sy klere geskeur en gesê: “Ag nee, my dogter! Jy het my hart gebreek,* want nou het jy die een geword wat ek moet wegstuur. Ek het ’n gelofte aan Jehovah gemaak, en ek kan dit nie terugtrek nie.”+

  • Psalm 50:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Bring dankbaarheid as jou offerande aan God,+

      en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.+

  • Matteus 5:33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 33 “Julle het ook gehoor dat daar vir die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy mag nie sweer sonder om jou eed na te kom nie,+ maar jy moet jou geloftes aan Jehovah* betaal.’+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel