Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Samuel 22:8-16
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  8 Die aarde het begin skud en bewe,+

      en die fondamente van die hemel het gebewe+

      en heen en weer geskud omdat hy woedend gemaak is.+

       9 Rook het uit sy neusgate gekom,

      en ’n verterende vuur het by sy mond uitgekom.+

      Gloeiende kole het uit hom voortgekom.

      10 Hy het die hemel laat buig terwyl hy neergedaal het,+

      en daar was digte, donker wolke onder sy voete.+

      11 Hy het op ’n gerub+ gery en aangevlieg gekom.

      Hy was sigbaar op die vlerke van ’n gees.*+

      12 Toe het hy donkerte rondom hom sy skuiling gemaak,+

      donker waters en digte wolke.

      13 Uit die helderheid voor hom het brandende kole opgevlam.

      14 Toe het Jehovah se stem soos donderslae vanuit die hemel gedreun.+

      Die Allerhoogste het sy stem laat hoor.+

      15 Hy het sy pyle+ geskiet en my vyande verstrooi,

      weerligstrale om hulle te verwar.+

      16 Die seebodem het sigbaar geword.+

      Die fondamente van die land is deur die straf van Jehovah blootgelê,

      deur die geblaas van die asem van sy neusgate.+

  • Psalm 77:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Die geluid van u donderslae+ was soos die wiele van strydwaens.

      Weerligstrale het die bewoonde aarde* verlig.+

      Die aarde het gebewe en geskud.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel