Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 16:6, 7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 Toe hulle inkom, het Samuel vir Eliʹab+ gesien en gesê: “Dit is vir seker die gesalfde van Jehovah wat hier staan.” 7 Maar Jehovah het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy lengte kyk nie,+ want ek het hom verwerp. Mense sien nie soos God sien nie, want mense sien net die uiterlike, maar Jehovah sien wat in die hart is.”+

  • 1 Kronieke 28:9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 “En jy, my seun Salomo, jy moet die God van jou vader leer ken, en jy moet hom met jou hele hart*+ en ’n vreugdevolle* siel* dien, want Jehovah deursoek alle harte,+ en hy sien elke begeerte* en gedagte.+ As jy hom soek, sal hy sorg dat jy hom vind,+ maar as jy hom verlaat, sal hy jou vir ewig verwerp.+

  • Psalm 17:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  3 U het my hart ondersoek, u het my in die nag ondersoek,+

      u het my gesuiwer.+

      U sal vind dat ek geen slegte planne beraam het nie,

      en my mond het nie oortree nie.

  • Psalm 139:23
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 23 Deursoek my, o God, en ken my hart.+

      Ondersoek my, en ken my angstige* gedagtes.+

  • Jeremia 20:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Maar u, o Jehovah van die leërmagte, ondersoek die regverdige.

      U sien die diepste gedagtes* en die hart.+

      Laat my sien hoe u op hulle wraak neem,+

      want ek het my regsaak aan u toevertrou.+

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel