-
1 Konings 21:20, 21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Agab het vir Eliʹa gesê: “My vyand,+ jy het my toe gekry!” Hy het geantwoord: “Ek het u gekry. God het gesê: ‘Omdat jy vasbeslote is om te doen wat sleg is in die oë van Jehovah,+ 21 sal ek rampspoed oor jou bring, en ek sal jou uitroei en elkeen wat manlik* is van die huis van Agab uitwis,+ insluitende die hulpeloses en die swakkes in Israel.+
-
-
2 Kronieke 25:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Jehovah het baie kwaad geword vir Amaʹsia, en hy het ’n profeet na hom toe gestuur wat gesê het: “Hoekom aanbid jy gode wat nie hulle eie volk uit jou hand kon red nie?”+ 16 Terwyl hy met hom gepraat het, het die koning vir hom gesê: “Bly stil!+ Het ek jou raad gevra?+ Ek sal jou laat doodmaak as jy aanhou praat.” Toe het die profeet stilgebly, maar voordat hy gegaan het, het hy gesê: “Ek weet dat God besluit het om u te vernietig omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.”+
-