-
Jesaja 2:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
sal die berg van die huis van Jehovah
stewig gevestig word bo die top van die berge,+
en dit sal bo die heuwels uitstaan,
en al die nasies sal daarheen stroom.+
3 En baie volke sal gaan en sê:
“Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah,
na die huis van die God van Jakob.+
Hy sal ons sy weë leer,
en ons sal dit volg.”+
-
-
Jesaja 56:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 En die uitlanders wat na Jehovah toe kom om hom te dien,
om die naam van Jehovah lief te hê+
en om sy knegte te wees,
almal wat die Sabbat hou en dit nie ontheilig nie
en wat my verbond hou,
7 sal ek ook na my heilige berg bring,+
en ek sal hulle in my huis van gebed vreugdevol maak.
Hulle heelbrandoffers en hulle offerandes sal op my altaar aanvaar word.
Want my huis sal ’n huis van gebed vir al die volke genoem word.”+
-
-
Miga 4:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
sal die berg van die huis van Jehovah+
stewig gevestig word bo die top van die berge,
en dit sal bo die heuwels verhewe wees,
en volke sal daarheen stroom.+
2 En baie nasies sal gaan en sê:
“Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah
en na die huis van die God van Jakob.+
Hy sal ons sy weë leer,
en ons sal dit volg.”
Want die wet* sal uit Sion kom,
en die woord van Jehovah uit Jerusalem.
-
-
Sagaria 8:22, 23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 En baie volke en magtige nasies sal kom om Jehovah van die leërmagte in Jerusalem te dien*+ en om Jehovah se goedkeuring te soek.’
23 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘In daardie dae sal tien manne uit al die tale van die nasies+ die kleed* van ’n Jood* vasgryp, ja, hulle sal dit styf vasgryp en sê: “Ons wil saam met julle gaan,+ want ons het gehoor dat God met julle is.”’”+
-