-
Jeremia 25:9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 laat ek al die families van die noorde roep,”+ sê Jehovah, “sowel as koning Nebukadneʹsar* van Babilon, my kneg,+ en ek sal hulle bring teen hierdie land+ en teen sy inwoners en teen al hierdie omliggende nasies.+ Ek sal hulle vernietig en hulle iets skokkends maak, iets om oor te fluit en iets wat vir ewig verwoes sal wees.
-
-
Daniël 2:37, 38Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
37 U, o koning – die koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koninkryk,+ die mag, die sterkte en die heerlikheid gegee het, 38 en in wie se hand hy mense gegee het, waar hulle ook al woon, sowel as die diere van die veld en die voëls van die hemel, en wat hy as heerser oor hulle almal aangestel het+ – u is die kop van goud.+
-