Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Psalm 126:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 126 Toe Jehovah die gevangenes van Sion teruggebring het,+

      het dit gevoel asof ons droom.

  • Jeremia 23:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 “Dan sal ek die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal vrugbaar wees en baie word.+

  • Esegiël 39:25
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 25 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek sal die gevangenes van Jakob terugbring+ en genade betoon aan die hele huis van Israel,+ en ek sal my heilige naam ywerig verdedig.*+

  • Amos 9:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Ek sal die gevangenes van my volk Israel terugbring,+

      en hulle sal die verwoeste stede herbou en bewoon.+

      Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink+

      en tuine maak en die vrugte daarvan eet.’+

  • Miga 2:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Ek sal julle almal beslis versamel, o Jakob.

      Ek sal die oorblywendes van Israel vir seker bymekaarmaak.+

      Ek sal hulle verenig soos skape in ’n kraal,

      soos ’n kudde in die weiveld.+

      Die land sal gons van mense.’+

  • Miga 4:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Krimp ineen van pyn en kreun, o dogter van Sion,

      soos ’n vrou wat geboorte gee,

      want nou sal jy uit die stad gaan en in die veld bly.

      Jy sal tot by Babilon gaan,+

      en daar sal jy gered word.+

      Daar sal Jehovah jou uit die hand van jou vyande terugkoop.+

  • Sefanja 3:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 In dié tyd sal ek julle inbring,

      in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak.

      Want ek sal sorg dat julle geëer* en geprys word+ onder al die volke van die aarde,

      wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer,” sê Jehovah.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel