-
Levitikus 23:5-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 In die eerste maand, op die 14de dag van die maand,+ wanneer dit skemer word,* is die Pasga+ vir Jehovah.
6 “‘Op die 15de dag van daardie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode vir Jehovah.+ Sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet.+ 7 Op die eerste dag moet julle ’n heilige byeenkoms hou.+ Julle mag geen harde werk doen nie. 8 Maar julle moet sewe dae lank ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Daar moet ’n heilige byeenkoms op die sewende dag wees. Julle mag geen harde werk doen nie.’”
-