25 Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê,+ net soos die Christus ook die gemeente liefgehad het en homself daarvoor opgeoffer het,+26 sodat hy dit kon heilig en reinig deur dit in die water van die woord te bad,+
23 Mag die God van vrede julle ten volle heilig. En broers, mag julle gees en siel* en liggaam in elke opsig rein en sonder gebrek wees gedurende die teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus.+
13 Ons is egter verplig om God altyd vir julle te dank, broers vir wie Jehovah* lief is. God het julle as gevolg van julle geloof in die waarheid van die begin af vir redding gekies+ deur julle met sy gees te heilig.+
22 Noudat julle julleself gereinig het deur aan die waarheid gehoorsaam te wees, het julle opregte broederlike liefde,+ en julle moet mekaar dus intens liefhê uit die hart.+