-
Romeine 15:26, 27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 Want dié in Masedoʹnië en Agaʹje was gretig om hulle goed te deel deur ’n bydrae aan die armes onder die heiliges in Jerusalem te gee.+ 27 Hulle het dit uit die hart gedoen, maar eintlik was hulle by die heiliges in die skuld. Want die heiliges het die dinge wat hulle van God ontvang het, met die nasies gedeel, en daarom is dit ook net reg dat die nasies hulle nou met hulle materiële dinge help.+
-
-
Filippense 4:15-17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Om die waarheid te sê, Filippense, julle weet ook wat gebeur het nadat julle die goeie nuus vir die eerste keer gehoor het. Toe ek uit Masedoʹnië vertrek het, het geen gemeente behalwe julle my gehelp of my hulp aanvaar nie.+ 16 Want terwyl ek in Tessaloʹnika was, het julle nie net een keer vir my iets gestuur toe ek dit nodig gehad het nie, maar twee keer. 17 Dit is nie dat ek iets by julle wil hê nie, maar ek wil hê dat julle die seëninge moet ontvang wat julle geestelik nog ryker sal maak.
-