Jesaja
16 Stuur ’n ram na die heerser van die land,
van Sela af deur die wildernis,
na die berg van die dogter van Sion.
2 Soos ’n voël wat uit sy nes gejaag is,+
so sal die dogters van Moab by die driwwe van die Arnon+ wees.
3 “Gee raad, voer die besluit uit.
Bied in die middel van die dag skaduwee wat so donker is soos die nag.
Beskerm dié wat verstrooi is, en moenie dié wat vlug, verraai nie.
4 Laat my vlugtelinge in jou woon, o Moab.
Word ’n skuilplek vir hulle weens die vernietiger.+
Die onderdrukker sal aan sy einde kom,
die vernietiging sal tot ’n einde kom
en dié wat ander vertrap, sal van die aarde af verdwyn.
5 Dan sal ’n troon stewig gevestig word deur lojale liefde.
Die een wat daarop sit in die tent van Dawid sal getrou wees.+
Hy sal regverdig oordeel en sonder uitstel doen wat reg is.”+
6 Ons het van die trots van Moab gehoor – hy is baie trots.+
Ons het gehoor van sy hoogmoed en sy trots en sy woede.+
Maar sy leë praatjies sal op niks uitloop nie.
7 Daarom sal Moab oor Moab huil.
Hulle sal almal huil.+
Dié wat getref is, sal treur oor die rosynekoeke van Kir-Hareʹset.+
Die heersers van die nasies het sy helderrooi takke* vertrap,
wat tot by Jaser gekom het,+
wat tot in die wildernis gestrek het.
Sy jong takkies het uitgesprei en tot by die see gekom.
9 Daarom sal ek oor die wingerdstok van Sibma huil soos ek oor Jaser huil.
My trane sal oor julle vloei, o Hesbon en Eleaʹle,+
want die gejuig oor julle somervrugte en julle oes is verby.*
10 Vreugde en blydskap is uit die vrugteboord weggeneem,
en daar is geen vreugdeliedere of gejuig in die wingerde nie.
En my binneste bewe oor Kir-Hareʹset.+
12 Selfs as Moab hom op die offerhoogte uitput en in sy heiligdom gaan bid, sal dit niks help nie.+
13 Dit is wat Jehovah vroeër oor Moab gesê het. 14 En nou sê Jehovah: “Binne drie jaar, bereken volgens die jare van ’n gehuurde werker,* sal skande oor die heerlikheid van Moab kom. Daar sal groot verwarring wees, en dié wat oorbly sal baie min en swak wees.”+