’n Melodie van Asaf.+
50 Die God van gode, Jehovah,+ het gepraat.
Hy roep die aarde op
van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.
2 God skyn vanuit Sion, die plek van volmaakte skoonheid.+
3 Ons God sal kom en kan nie stilbly nie.+
Voor hom is ’n verterende vuur,+
en ’n groot storm woed al om hom.+
4 Hy roep die hemel daar bo en die aarde,+
sodat hy sy volk kan oordeel:+
5 “Versamel my lojales by my,
dié wat deur middel van ’n offerande ’n verbond met my maak.”+
6 Die hemel verkondig sy regverdigheid,
want God is Regter.+ (Sela)
7 “Luister, o my volk, en ek sal praat.
Israel, ek sal teen jou getuig.+
Ek is God, jou God.+
8 Ek wys jou nie tereg as gevolg van jou offerandes nie,
ook nie as gevolg van jou heelbrandoffers wat die hele tyd voor my is nie.+
9 Ek hoef nie ’n bul uit jou huis te neem nie,
of bokke uit jou krale nie.+
10 Want al die wilde diere van die woud is myne,+
selfs die diere op ’n duisend berge.
11 Ek ken elke voël van die berge.+
Die tallose diere van die veld is myne.
12 As ek honger was, sou ek nie vir jou sê nie,
want die vrugbare land en alles daarin is myne.+
13 Sal ek die vleis van bulle eet
en die bloed van bokke drink?+
14 Bring dankbaarheid as jou offerande aan God,+
en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.+
15 Roep my aan in moeilike tye.+
Ek sal jou red, en jy sal my verheerlik.”+
16 Maar God sal vir die goddelose sê:
“Watter reg het jy om my wetsvoorskrifte op te noem+
of om oor my verbond te praat?+
17 Want jy haat dissipline,
en jy bly jou rug op my woorde draai.+
18 Wanneer jy ’n dief sien, keur jy goed wat hy doen,+
en jy assosieer met egbrekers.
19 Jy gebruik jou mond om slegte dinge te versprei,
en bedrog sit vas aan jou tong.+
20 Jy sit en praat teen jou eie broer.+
Jy openbaar die foute van jou eie ma se seun.
21 Toe jy hierdie dinge gedoen het, het ek stilgebly,
en daarom het jy gedink dat ek net soos jy sou wees.
Maar nou gaan ek jou teregwys,
en ek sal my saak teen jou stel.+
22 Dink asseblief hieraan, julle wat God vergeet,+
anders sal ek julle verskeur, en daar sal niemand wees om julle te red nie.
23 Die een wat dankbaarheid as sy offerande bring, verheerlik my,+
en wat die een betref wat ’n vaste weg volg,
ek sal hom redding deur God laat sien.”+