Psalms
’n Melodie van Asaf.+
50 Die Goddelike Wese,+ God, Jehovah,+ het gespreek,+
En hy roep die aarde,+
Van die opgang van die son tot sy ondergang.+
2 Uit Sion, die vervolmaking van skoonheid,+ het God gestraal.+
3 Ons God sal kom en kan onmoontlik stilbly.+
Voor hom uit verteer ’n vuur,+
En rondom hom het die weer baie stormagtig geword.+
7 “Luister tog, o my volk, en ek sal spreek,+
O Israel, en ek sal teen jou getuig.+
Ek is God, jou God.+
8 Ek bestraf jou nie oor jou offerandes nie,+
Ook nie oor jou heelbrandoffers wat voortdurend voor my is nie.+
12 As ek honger was, sou ek dit nie vir jou sê nie;
Want aan my behoort die vrugbare land+ en die volheid daarvan.+
14 Bring danksegging as jou offerande aan God,+
En betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;+
15 En roep my aan in die dag van benoudheid.+
Ek sal jou red, en jy sal my verheerlik.”+
16 Maar vir die goddelose sal God moet sê:+
“Watter reg het jy om my voorskrifte op te noem+
En my verbond in jou mond te neem?+
18 Wanneer jy ’n dief gesien het, was jy selfs ingenome met hom;+
En jou deel was met die egbrekers.+
20 Jy sit en praat teen jou eie broer,+
Tot nadeel van die seun van jou moeder verraai jy ’n tekortkoming.+
21 Hierdie dinge het jy gedoen, en ek het stilgebly.+
Jy het gedink dat ek gewis soos jy sou word.+
Ek gaan jou teregwys,+ en ek sal sake in orde bring voor jou oë.+