Jesaja
63 Wie is dit wat daar uit Edom kom,+
uit Bosra+ met helder* klere aan,
met pragtige klere aan,
wat met groot mag aankom?
“Dit is ek, die Een wat met regverdigheid praat,
die Een wat groot mag het om te red.”
3 “Ek het die wynpers alleen getrap.
Niemand uit die volke was by my nie.
Ek het hulle in my woede bly trap.
Ek het hulle bly vertrap in my groot woede.+
Hulle bloed het op my klere gespat,
en ek het al my klere gevlek.
5 Ek het rondgekyk, maar daar was niemand om te help nie.
Ek was geskok dat niemand hulp aangebied het nie.
6 Ek het volke in my woede vertrap.
Ek het hulle dronk gemaak met my woede+
en hulle bloed op die grond laat uitloop.”
7 Ek sal praat oor Jehovah se dade van lojale liefde,
die dade van Jehovah, wat lof verdien,
want Jehovah het so baie vir ons gedoen.+
Hy het soveel goeie dinge vir die huis van Israel gedoen
weens sy genade en sy groot lojale liefde.
8 Want hy het gesê: “Hulle is beslis my volk, kinders wat nie dislojaal sal wees nie.”+
Daarom het hy hulle Redder geword.+
9 Wanneer dit sleg gegaan het met hulle, het hy saam met hulle gely.+
En sy persoonlike boodskapper* het hulle gered.+
Omdat hy vir hulle lief was en vir hulle jammer gevoel het, het hy hulle teruggekoop,+
en hy het hulle altyd opgetel en gedra.+
10 Maar hulle het in opstand gekom+ en sy heilige gees bedroef.+
11 En hulle het aan die dae van lank gelede gedink,
die dae van sy kneg Moses:
“Waar is die Een wat hulle deur die see gelei het+ saam met die herders van sy kudde?+
Waar is die Een wat Sy heilige gees in hom geplaas het,+
12 die Een wat Moses* met Sy groot mag* gelei het,+
die Een wat die waters voor hulle verdeel het+
om vir hom ’n ewige naam te maak,+
13 die Een wat hulle deur die onstuimige waters* laat trek het,
sodat hulle soos ’n perd in die oop veld*
geloop het sonder om te struikel?
15 Kyk af uit die hemel.
Kyk vanuit u verhewe woning van heiligheid en heerlikheid.*
U weerhou dit van my.
Hoewel Abraham ons dalk nie ken nie
en Israel ons moontlik nie erken nie,
is u, o Jehovah, ons Vader.
U naam is: Ons Terugkoper van lank gelede.+
17 Hoekom, o Jehovah, laat u ons van u weë afdwaal?
Hoekom laat u ons hart ongevoelig word, sodat ons u nie vrees nie?+
Keer terug ter wille van u knegte,
die stamme van u erfdeel.+
18 U heilige volk het dit vir ’n kort rukkie besit.
Ons teenstanders het u heiligdom vertrap.+
19 Ons is al te lank soos mense oor wie u nooit regeer het nie,
soos mense wat nooit u naam gedra het nie.