Spreuke
25 Hier is nog spreuke van Salomo,+ wat die manne van Hiskiʹa,+ die koning van Juda, opgeskryf* het:
2 God word verheerlik omdat hy ’n saak geheim hou,+
en konings word geëer omdat hulle ’n saak ondersoek.
3 Net soos niemand weet hoe hoog die hemel is of hoe diep die aarde is nie,
weet niemand wat in die hart van konings aangaan nie.
5 Verwyder die goddelose man voor die koning,
en sy troon sal stewig gevestig word in regverdigheid.+
7 Want dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom hierheen,”
as dat hy jou voor ’n belangrike persoon verneder.+
8 Moenie haastig wees om ’n saak teen jou medemens te maak nie,
want wat sal jy agterna doen as hy jou verneder?+
9 Praat die saak uit met jou medemens.+
En moenie vertroulike sake* openbaar nie.+
10 Anders sal die een wat luister, skande oor jou bring,
en jy sal ’n slegte berig* versprei wat jy nie kan terugtrek nie.
12 Soos ’n oorring van goud en juwele van suiwer goud,
so is ’n wyse persoon se teregwysing vir ’n oor wat bereid is om te luister.+
13 Soos die koelheid van sneeu op die oesdag,
so is ’n getroue boodskapper vir dié wat hom gestuur het,
want hy gee sy meester nuwe moed.+
14 Soos wolke en wind wat geen reën bring nie,
so is ’n man wat spog oor ’n geskenk wat hy nooit gee nie.+
16 As jy heuning vind, moet jy net genoeg eet,
want as jy te veel daarvan eet, sal jy dit dalk opgooi.+
17 Moenie te veel by jou medemens kuier nie,
sodat hy nie vir jou moeg raak en jou begin haat nie.
19 Soos ’n gebreekte tand of ’n voet wat swik,
so is vertroue in ’n onbetroubare* persoon in moeilike tye.
20 Soos iemand wat ’n kleed op ’n koue dag uittrek,
en soos asyn wat op soda* gegooi word,
so is die een wat liedjies sing vir iemand wat terneergedruk is.+
21 As jou vyand* honger is, gee hom iets om te eet,
en as hy dors is, gee hom iets om te drink,+
22 want dit sal wees asof jy brandende kole op sy kop sit,*+
en Jehovah sal jou beloon.