Hosea
3 Maar dit was ek wat Eʹfraim geleer het om te loop+ en hulle in my arms geneem het.+
En hulle het nie erken dat ek hulle genees het nie.
4 Met die toue van die mens* het ek hulle bly trek, met die koorde van liefde.+
En ek was vir hulle soos iemand wat ’n juk van hulle kakebene aflig,
en met groot sorg het ek vir elkeen kos gebring.
5 Hulle sal nie na Egipte terugkeer nie, maar Assiʹrië sal hulle koning wees,+
omdat hulle geweier het om na my toe terug te keer.+
6 En ’n swaard sal deur sy stede gaan+
en sy grendels vernietig en verslind weens hulle goddelose planne.+
7 My volk is vasbeslote om ontrou aan my te wees.+
Al word hulle boontoe* geroep, staan niemand op nie.
8 Hoe kan ek jou laat gaan, o Eʹfraim?+
Hoe kan ek jou oorlewer, o Israel?
Hoe kan ek jou soos Adma behandel?
Hoe kan ek jou soos Seboʹjim+ maak?
Ek het van gedagte verander,
en ek voel baie jammer vir julle.+
9 Ek sal nie aan my brandende woede uiting gee nie.
En ek sal nie in woede teen julle optree nie.
10 Hulle sal Jehovah volg, en hy sal soos ’n leeu brul.+
Wanneer hy brul, sal sy kinders bewend uit die weste kom.+
En ek sal hulle in hulle huise laat woon,” sê Jehovah.+