Amos
9 Ek het Jehovah+ bo die altaar sien staan, en hy het gesê: “Slaan die pilaarkop, en die drumpels sal bewe. Kap die pilaarkoppe af. En ek sal dié wat oorbly met die swaard doodmaak. Niemand wat vlug, sal wegkom nie, en niemand wat probeer ontsnap, sal dit regkry nie.+
En al klim hulle op na die hemel,
sal ek hulle daarvandaan afbring.
Al kruip hulle op die bodem van die see vir my weg,
sal ek die slang daar beveel om hulle te byt.
4 Al word hulle deur hulle vyande as gevangenes weggeneem,
sal ek die swaard daar beveel om hulle dood te maak.+
Ek sal my aandag op hulle rig om slegte dinge oor hulle te bring, en nie goeie dinge nie.+
En dit sal heeltemal opkom soos die Nylrivier
en wegsak soos die Nyl van Egipte.+
6 ‘Die Een wat sy trap in die hemel bou
en sy gebou* oor die aarde oprig,
die Een wat die waters van die see roep
om dit oor die aarde uit te stort+
– Jehovah is sy naam.’+
7 ‘Is julle nie vir my soos die Kussiete nie, o Israel?’ sê Jehovah.
8 ‘Kyk! Die oë van die Soewereine Heer Jehovah is op die sondige koninkryk,
en hy sal dit van die aarde af wegvee.+
Maar ek sal die huis van Jakob nie heeltemal vernietig nie,’+ sê Jehovah.
9 ‘Want ek gee die bevel,
en ek sal die huis van Israel onder al die nasies skud,+
soos ’n mens ’n sif skud
– nie ’n klippie val op die grond nie.
10 Hulle sal deur die swaard sterf, al die sondaars van my volk,
dié wat sê: “Die rampspoed sal nie naby ons kom of ons bereik nie.”’
11 ‘In daardie dag sal ek die hut* van Dawid, wat ineengestort het, oprig,+
en ek sal die gate in die muur herstel.
Ek sal die hut van Dawid herbou,
ek sal dit herstel soos in die dae van lank gelede.+
12 Dan sal hulle in besit kan neem wat oorgebly het van Edom+
en van al die nasies oor wie my naam uitgeroep is,’ sê Jehovah, wat hierdie dinge doen.
13 ‘Kyk! Daar kom dae,’ sê Jehovah,
‘dat die een wat oes, ingehaal sal word deur die een wat ploeg,
en die een wat saai, deur die een wat druiwe trap.+