Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 9:6, 7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 Want ’n kind is vir ons gebore,+

      ’n seun is aan ons gegee,

      en die heerskappy* sal op sy skouers wees.+

      Hy sal genoem word: Wonderlike Raadgewer,+ Magtige God,+ Ewige Vader, Prins van Vrede.*

       7 Sy heerskappy* sal bly uitbrei,

      en daar sal geen einde aan vrede wees nie.+

      Hy sal op die troon van Dawid+ sit en oor sy koninkryk regeer.

      Hy sal dit stewig vestig+ en versterk

      deur middel van geregtigheid+ en regverdigheid,+

      van nou af en tot in alle ewigheid.

      Die ywer van Jehovah van die leërmagte sal dit doen.

  • Jesaja 16:5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  5 Dan sal ’n troon stewig gevestig word deur lojale liefde.

      Die een wat daarop sit in die tent van Dawid sal getrou wees.+

      Hy sal regverdig oordeel en sonder uitstel doen wat reg is.”+

  • Jeremia 23:5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 5 “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek vir Dawid ’n regverdige spruit*+ sal voortbring. En ’n koning sal regeer+ en insig toon en sal sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid in die land is.+

  • Esegiël 37:24, 25
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 “‘“My kneg Dawid sal hulle koning wees,+ en hulle sal almal een herder hê.+ Hulle sal my regterlike bevele volg en my wetsbepalings gehoorsaam.+ 25 Hulle sal woon in die land wat ek aan my kneg, aan Jakob, gegee het, waar julle voorvaders gewoon het.+ Hulle sal vir ewig daarin woon,+ hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders,+ en my kneg Dawid sal vir ewig hulle hoofman* wees.+

  • Sagaria 12:8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 In daardie dag sal Jehovah die inwoners van Jerusalem verdedig.+ In daardie dag sal die een wat struikel* onder hulle, soos Dawid wees, en die huis van Dawid sal soos God wees, soos Jehovah se engel wat hulle lei.+

  • Lukas 1:31-33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 Kyk! Jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun,+ en jy moet hom Jesus noem.+ 32 Hy sal groot wees+ en die Seun van die Allerhoogste genoem word,+ en Jehovah* God sal hom die troon van sy vader Dawid gee,+ 33 en hy sal vir ewig as Koning oor die huis van Jakob regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel