Jesaja
62 Ter wille van Sion sal ek nie stilbly nie,+
en ter wille van Jerusalem sal ek nie stil wees nie,
totdat haar regverdigheid soos ’n helder lig skyn+
en haar redding soos ’n fakkel brand.+
En jy sal ’n nuwe naam kry,+
wat Jehovah self vir jou sal gee.
3 Jy sal ’n pragtige kroon word in die hand van Jehovah,
’n koninklike tulband in die palm van jou God.
4 Jy sal nie meer ’n verlate vrou genoem word nie,+
en jou land sal nie meer ’n woesteny genoem word nie,+
maar jy sal genoem word: Sy is my vreugde,+
en jou land sal genoem word: Getroude vrou.
Want Jehovah sal vir jou lief wees,
en jou land sal as ’n vrou besit word.
5 Want net soos ’n jong man met ’n maagd trou,
sal jou inwoners met jou trou.
Met die vreugde van ’n bruidegom oor ’n bruid
sal jou God oor jou bly wees.+
6 Op jou mure, o Jerusalem, het ek wagte aangestel.
Hulle moet nooit stilbly nie, nie in die dag of in die nag nie.
Julle wat oor Jehovah praat,
moenie ophou nie,
7 en moenie ophou om tot hom te bid totdat hy Jerusalem stewig vestig nie,
ja, totdat hy haar die lof van die hele aarde maak nie.”+
8 Jehovah het met sy regterhand en met sy sterk arm gesweer:
“Ek sal jou graan nie meer vir jou vyande gee om te eet nie,
en uitlanders sal nie jou nuwe wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie.+
9 Maar dié wat dit insamel, sal dit eet, en hulle sal Jehovah loof,
en dié wat dit bymekaarmaak, sal dit in my heilige voorhowe drink.”+
10 Gaan deur die poorte, gaan deur die poorte.
Berei die weg vir die volk voor.+
Bou die pad. Bou die grootpad.
Verwyder die klippe.+
Rig ’n banier* vir die volke op.+
11 Kyk! Jehovah het tot aan die eindes van die aarde verkondig:
“Sê vir die dogter van Sion:
‘Jou redding kom.+
Die beloning wat God gee, is by hom,
en die loon wat hy betaal, is voor hom.’”+