Jesaja
57 Die regverdige het gesterf,
maar niemand steur hulle daaraan nie.
Lojale mense sterf,+
en niemand besef dat die regverdige weggeneem is
as gevolg van* die rampspoed nie.
2 Hy vind vrede.
Almal wat bly by wat reg is, vind rus in die graf.*
3 “Maar wat julle betref, kom nader,
julle kinders van ’n towenares,
kinders van ’n egbreker en ’n prostituut:
4 Met wie spot julle?
Oor wie het julle so baie te sê en vir wie steek julle tong uit?
Is julle nie die kinders van oortreding,
die kinders van bedrog nie?+
en onder die skeure van die kranse nie?
6 Jy het die gladde klippe van die vallei* as jou deel gekies.+
Ja, hulle is jou deel.
Jy gooi vir hulle drankoffers uit en gee vir hulle offergawes.+
Moet ek tevrede wees met hierdie dinge?
7 Jy het jou bed op ’n hoë berg gereedgemaak.+
En jy het daarheen gegaan om offerandes te bring.+
8 Agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit.
Jy het my verlaat en jou klere uitgetrek.
Jy het opgeklim en baie plek op jou bed gemaak.
En jy het ’n verbond met hulle gemaak.
Jy het jou boodskappers ver weg gestuur
en so laag soos die Graf* gedaal.
10 Jy het jou ingespan om jou baie weë te volg,
maar jy het nie gesê: ‘Dit is nutteloos!’ nie.
Jy het nuwe krag gekry.
Daarom hou jy nie op nie.*
Jy het nie aan my gedink nie.+
Jy het jou aan niks gesteur nie.+
Het ek nie stilgebly en my op ’n afstand gehou* nie?+
Daarom het jy my nie gevrees nie.
Die wind sal hulle almal wegneem,
’n briesie sal hulle wegwaai,
maar die een wat by my beskerming soek, sal die land erf
en my heilige berg+ in besit neem.
14 Daar sal gesê word: ‘Bou ’n pad, bou ’n pad! Berei die weg voor!+
Verwyder elke struikelblok uit die pad van my volk.’”
“Ek woon in die hoë en heilige plek,+
maar ook by dié wat gebroke en nederig van gees is,
om die nederiges
16 Want ek sal hulle nie vir ewig teëstaan
of vir altyd kwaad bly nie,+
anders sal die mens se gees swak word weens my,+
ja, die lewende wesens wat ek gemaak het.
17 Ek was kwaad weens sy sondige najaging van oneerlike wins.+
Daarom het ek hom geslaan. Ek het my gesig weggedraai, en ek was woedend.
Maar hy het ontrou gebly+ en die weg van sy hart gevolg.
Die een wat ver is en die een wat naby is, sal blywende vrede ontvang,”+ sê Jehovah,
“en ek sal hom genees.”
20 “Maar die goddeloses is soos die onstuimige see, wat nie tot rus kan kom nie,
waarvan die waters seegras en modder bly opstoot.