Jesaja
24 Kyk! Jehovah maak die land* leeg en verwoes dit.+
Hy keer dit onderstebo+ en verstrooi sy inwoners.+
2 Dit sal dieselfde wees vir almal:
die volk en die priester,
die kneg en sy meester,
die diensmeisie en haar meesteres,
die koper en die verkoper,
die uitlener en die lener,
die skuldeiser en die skuldenaar.+
3 Die land sal heeltemal leeggemaak word.
Dit sal heeltemal gestroop word,+
want dit is wat Jehovah gesê het.
4 Die land treur,*+ dit teer weg.
Die vrugbare land verdor, dit verdroog.
Die belangrike mense van die volk verdwyn.
5 Die land is deur sy inwoners onrein gemaak,+
want hulle het die wette geïgnoreer,+
die wetsvoorskrifte verander+
en die permanente verbond verbreek.+
Daarom het die inwoners van die land al hoe minder geword.
Daar is baie min mense oor.+
8 Die vreugde van die tamboeryne is weg,
die lawaai van dié wat feesvier, het opgehou,
die vrolike klanke van die harp het verdwyn.+
9 Daar is nie meer liedjies wanneer hulle wyn drink nie,
en die drank wat hulle drink, smaak bitter.
10 Die verlate stad is afgebreek.+
Elke huis is toe, en niemand kan daar ingaan nie.
11 In die strate skree hulle vir wyn.
Alle vrolikheid het verdwyn.
Daar is nie meer vreugde in die land nie.+
12 Die stad is heeltemal verwoes.
Die poort is afgebreek en is net ’n hoop klippe.+
13 Want dít is hoe dit in die land sal wees, onder die volke:
14 Hulle sal uitroep.
Hulle sal juig van vreugde.
In die weste* sal hulle die majesteit van Jehovah verkondig.+
15 Daarom sal hulle Jehovah in die ooste* verheerlik.+
Op die eilande van die see sal hulle die naam van Jehovah, die God van Israel, loof.+
16 Van die eindes van die aarde af hoor ons hoe daar gesing word:
“Heerlikheid aan die Regverdige!”+
Maar ek sê: “Ek teer weg! Ek teer weg!
Dit is verby met my! Die bedrieglikes het bedrieglik opgetree.
Met bedrieglikheid het hulle bedrieglik opgetree.”+
17 Vrees en vanggate en strikke wag op jou, o inwoner van die land.+
18 Elkeen wat vir die skrikwekkende geluid vlug, sal in die vanggat val,
en elkeen wat uit die vanggat klim, sal in die strik gevang word.+
Want die sluise van die hemel sal oopgemaak word,
en die fondamente van die land sal bewe.
19 Die land het uitmekaargeskeur.
Die land is heen en weer geskud.
Die land ruk en bewe verskriklik.+
20 Die land slinger soos ’n dronk man,
en dit swaai heen en weer soos ’n hut in die wind.
Die land se oortredings is ’n swaar las daarop.+
Dit sal val en nie weer opstaan nie.
21 In daardie dag sal Jehovah sy oordeel bring oor die leërmagte van die hoogte
en oor die konings van die aarde.
22 En hulle sal versamel word
soos gevangenes in ’n donker gat.
En hulle sal in die gevangenis opgesluit word.
Ná ’n lang tyd sal daar aan hulle aandag gegee word.
23 Die volmaan sal skaam wees,
en die stralende son sal skaam kry,+
want Jehovah van die leërmagte het Koning geword+ op die berg Sion+ en in Jerusalem.
Hy is vol heerlikheid voor die ouermanne van sy volk.+