Spreuke
2 Laat iemand anders jou prys, en nie jou eie mond nie.
Laat ander dit doen, en nie jou eie lippe nie.+
3 ’n Klip is swaar en sand weeg baie,
maar die irritasie wat ’n dwaas veroorsaak, is swaarder as al twee.+
5 ’n Openlike teregwysing is beter as liefde wat weggesteek word.+
7 As iemand genoeg geëet het, wil hy nie eers heuning uit ’n heuningkoek hê nie,
maar as ’n mens honger is, smaak selfs wat bitter is, soet.
10 Moenie jou rug draai op jou vriend of jou pa se vriend nie,
en moenie na jou broer se huis gaan as rampspoed jou tref nie.
’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver weg is.+
12 Die verstandige sien die gevaar en vermy dit,+
maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.
13 Neem ’n man se kleed as hy
vir ’n vreemdeling borg gestaan het,
en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+
14 As iemand sy medemens vroeg in die oggend met ’n harde stem seën,
sal dit as ’n vloek beskou word.
15 ’n Stryerige* vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek op ’n reënerige dag.+
16 Iemand wat haar kan beheer, kan die wind beheer
en kan olie in sy regterhand vashou.
18 Die een wat ’n vyeboom versorg, sal die vrugte daarvan eet,+
en die een wat vir sy meester sorg, sal geëer word.+
19 Soos water ’n mens se gesig weerspieël,
so weerspieël die hart van een mens dié van ’n ander.
20 Die Graf en die plek van vernietiging* raak nooit versadig nie,+
en die oë van ’n mens raak ook nooit versadig nie.
21 Soos die smeltpot vir silwer is en die smeltoond vir goud,+
so word ’n mens getoets deur die lof wat hy ontvang.
22 Graan word met ’n stamper fyngemaal.
Maar al doen jy dit met ’n dwaas,
sal jy nie sy dwaasheid uit hom kry nie.
23 Jy moet weet hoe dit met jou kudde gaan.*
25 Die groen gras verdwyn, nuwe gras verskyn
en voer word uit die berge ingebring.
26 Die jong ramme voorsien wol vir jou klere,
en die bokramme wat jy verkoop, voorsien geld vir ’n stuk grond.
27 En daar sal genoeg bokmelk vir jou,
jou huisgesin en jou diensmeisies wees.