Psalms
En voer tog my regsaak+ teen ’n nasie wat nie lojaal is nie.
Mag u aan my ontkoming verskaf van die man van bedrog en onregverdigheid.+
2 Want u is die God van my vesting.+
Waarom het u my verstoot?
Waarom loop ek bedroef rond weens die verdrukking van die vyand?+
3 Stuur u lig en u waarheid uit.+
Laat dié my lei.+
Laat dié my bring na u heilige berg en na u grootse tabernakel.+