Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag.+ Maskil.
44 O God, met ons ore het ons gehoor,
Ons voorvaders het ons vertel+
Van die dade wat u in hulle dae verrig het,+
In die dae van lank gelede.+
2 U het met u hand selfs nasies verdryf,+
En u het hulle toe daar geplant.+
U het volksgroepe verbreek en weggestuur.+
3 Want hulle het nie deur hulle eie swaard die land in besit geneem nie,+
En hulle eie arm het nie vir hulle redding gebring nie.+
Want dit was u regterhand en u arm+ en die lig van u aangesig,
Omdat u behae in hulle gehad het.+
4 U is my Koning, o God.+
Gebied grootse redding vir Jakob.+
5 Deur u sal ons ons teenstanders omstoot;+
In u naam sal ons dié vertrap wat teen ons opstaan.+
6 Want ek het nie op my boog bly vertrou nie,+
En my swaard het my nie gered nie.+
7 Want u het ons van ons teenstanders gered,+
En u het dié wat ons intens haat, beskaamd gemaak.+
8 Aan God sal ons die hele dag lof bring,+
En tot onbepaalde tyd sal ons u naam prys.+ Sela.
9 Maar nou het u ons verstoot en bly u ons verneder,+
En u trek nie saam met ons leërs uit nie.+
10 U laat ons voortdurend agteruitwyk vir die teenstander,+
En juis dié wat ons intens haat, het hulle deur plunder verryk.+
11 U gee ons oor soos skape, as iets om geëet te word,+
En onder die nasies het u ons verstrooi.+
12 U verkoop u volk vir niks,+
En u het geen rykdom verwerf deur die prys vir hulle nie.
13 U maak ons ’n smaad vir ons bure,+
’n Bespotting en beskimping vir dié rondom ons.+
14 U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies,+
’n Geskud van die kop onder die volksgroepe.+
15 Die hele dag is my vernedering voor my,
En die skaamte van my aangesig het my bedek,+
16 Weens die stem van hom wat smaad en beledig,
Weens die vyand en die een wat sy wraak neem.+
17 Dit alles het oor ons gekom, en ons het u nie vergeet nie,+
En ons het nie bedrieglik gehandel in u verbond nie.+
18 Ons hart het nie troueloos agteruitgewyk nie,+
En ook wyk ons voetstappe nie van u pad af nie.+
19 Want u het ons op die plek van jakkalse verbrysel,+
En u oordek ons met diep skaduwee.+
20 As ons die naam van ons God vergeet het,
Of ons ons palms na ’n vreemde god uitgestrek het,+
21 Sal God dit nie uitvind nie?+
Want hy ken die geheime van die hart.+
22 Maar om u ontwil is ons die hele dag doodgemaak;
Ons is as slagskape gereken.+
23 Ontwaak tog. Waarom bly u slaap, o Jehovah?+
Word tog wakker. Moenie vir ewig bly verstoot nie.+
24 Waarom verberg u u aangesig?
Waarom vergeet u ons ellende en ons verdrukking?+
25 Want ons siel is in die stof neergebuig;+
Ons buik het aan die aarde gekleef.
26 Staan tog op om ons te help+
En verlos ons ter wille van u liefderyke goedhartigheid.+