Psalms
Vir die musiekleier. ’n Lied, ’n melodie.
66 ROEP God triomfantlik toe, alle bewoners van die aarde.+
3 Sê vir God: “Hoe vreesinboesemend is u werke!+
Weens die oorvloed van u sterkte sal u vyande kruipend na u toe kom.+
4 Al die mense van die aarde sal hulle voor u neerbuig,+
En hulle sal u met melodieë besing, hulle sal u naam met melodieë besing.”+ Sela.
5 KOM en aanskou die dade van God.+
Die wyse waarop hy met die mensekinders handel, is vreesinboesemend.+
6 Hy het die see in droë land verander;+
Deur die rivier het hulle te voet getrek.+
Daar het ons ons in hom begin verbly.+
7 Hy heers tot onbepaalde tyd deur sy mag.+
Sy oë let op die nasies.+
Wat die hardkoppiges betref, laat hulle hulle nie verhef nie.+ Sela.
12 U het die sterflike mens oor ons kop laat ry;+
Ons het deur vuur en deur water gekom,+
En u het ons uitgelei na verligting.+
13 Ek sal met heelbrandoffers in u huis ingaan;+
Ek sal aan u my geloftes betaal+
En my mond gespreek het toe ek in groot nood verkeer het.+