Psalms
Oor Salomo.
72 O God, gee u regterlike beslissings aan die koning,+
En u regverdigheid aan die seun van die koning.+
2 Laat hy die regsaak van u volk met regverdigheid bepleit,+
En van u geteisterdes met regterlike beslissing.+
4 Laat hy die geteisterdes van die volk oordeel,+
Laat hy die kinders van die arme red,
En laat hy die bedrieër verbrysel.
6 Hy sal neerdaal soos die reën op die gesnyde gras,+
Soos oorvloedige reënbuie wat die aarde natmaak.+
10 Die konings van Tarsis en van die eilande+—
Skatting sal hulle betaal.+
Die konings van Skeba en van Seba—
’n Geskenk sal hulle aanbied.+
12 Want hy sal die arme verlos wat om hulp roep,+
Ook die geteisterde en elkeen wat geen helper het nie.+
14 Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle siel verlos,
En hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.+
15 En laat hom lewe,+ en laat van die goud van Skeba aan hom gegee word.+
En laat daar voortdurend vir hom gebid word;
Laat hy die hele dag geloof word.+
16 Daar sal volop graan op die aarde wees;+
Op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.+
Sy vrug sal wees soos op die Libanon,+
En dié wat uit die stad kom, sal bloei soos die plante van die aarde.+
17 Laat sy naam tot onbepaalde tyd wees;+
Laat sy naam voor die son toeneem,
En laat hulle hulleself deur middel van hom seën;+
Laat alle nasies hom gelukkig noem.+
19 En mag sy glorieryke naam tot onbepaalde tyd geloof word,+
En laat sy heerlikheid die hele aarde vul.+
Amen en Amen.
20 Die gebede van Dawid, die seun van Isai,+ het tot ’n einde gekom.