Psalms
Vir die musiekleier, op Mut-Labben. ’n Melodie van Dawid.
א [ʼAʹlef]
ב [Bet]
4 Want u het my reg en my regsaak behartig;+
U het op die troon gesit en met regverdigheid reggespreek.+
ג [Giʹmel]
5 U het nasies bestraf,+ u het die goddelose vernietig.+
Hulle naam het u tot onbepaalde tyd uitgewis, ja, vir ewig.+
6 O vyand, jou verwoestings het vir altyd tot ’n einde gekom,+
En die stede wat u uitgeruk het.+
Selfs die vermelding van hulle sal beslis vergaan.+
ה [Heʼ]
8 En hy sal die vrugbare land oordeel in regverdigheid;+
Hy sal volksgroepe geregtelik verhoor in geregtigheid.+
ו [Wau]
9 En Jehovah sal ’n veilige hoogte vir die verbryselde word,+
’n Veilige hoogte in tye van benoudheid.+
10 En dié wat u naam ken, sal op u vertrou,+
Want u sal dié wat u soek, beslis nie verlaat nie, o Jehovah.+
ז [Saʹjin]
12 Want wanneer hy na bloedvergieting soek,+ sal hy beslis aan húlle dink;+
Hy sal die geroep van die geteisterdes gewis nie vergeet nie.+
ח [Get]
13 Betoon guns aan my, o Jehovah; sien my ellende vanweë my haters,+
O u wat my uit die poorte van die dood ophef,+
14 Sodat ek al u lofwaardige dade bekend kan maak+
In die poorte+ van die dogter van Sion,+
Sodat ek bly kan wees in u redding.+
ט [Tet]
15 Die nasies het weggesink in die kuil wat hulle gemaak het;+
In die net+ wat hulle verberg het, is hulle eie voet gevang.+
16 Jehovah word geken aan die oordeel wat hy voltrek het.+
Die goddelose is deur die werk van sy eie hande verstrik.+
Higgajon. Sela.
י [Jod]
18 Want die arme sal nie vir altyd vergeet word nie,+
Ook sal die hoop van die sagmoediges nooit vergaan nie.+
כ [Kaf]