Psalms
’n Melodie, ’n lied, vir die sabbatdag.
92 Dit is goed om Jehovah te dank+
En om u naam met melodieë te besing, o Allerhoogste;+
2 Om in die oggend u liefderyke goedhartigheid te verkondig+
En u getrouheid in die nagte,+
3 Op ’n tiensnarige instrument en op die luit,+
Deur weerklinkende musiek op die harp.+
4 Want u het my vreugde gegee, o Jehovah, weens u dade;
Weens die werke van u hande roep ek met vreugde uit.+
7 Wanneer die goddeloses uitspruit soos die plante+
En almal wat skadelike dinge beoefen, bloei,
Is dit sodat hulle vir ewig verdelg kan word.+
8 Maar u is tot onbepaalde tyd in die hoogte, o Jehovah.+
9 Want kyk! u vyande, o Jehovah,+
Want kyk! u vyande sal vergaan;+
Almal wat skadelike dinge beoefen, sal van mekaar geskei word.+