91 Elkeen wat in die skuilplek+ van die Allerhoogste+ woon,
Sal vir hom verblyf kry in die skaduwee van die Almagtige.+
2 Ek sal vir Jehovah sê: “U is my toevlug en my vesting,+
My God, op wie ek sal vertrou.”+
3 Want hy sal jou uit die valstrik van die voëlvanger+ bevry,
Van die pes wat teëspoed veroorsaak.+
4 Met sy vlerke sal hy toegang tot jou versper,+
En onder sy vleuels sal jy toevlug soek.+
Sy waaragtigheid+ sal ’n groot skild+ en verskansing wees.
5 Jy sal nie bang wees vir iets vreesliks in die nag+
Of vir die pyl+ wat in die dag vlieg
6 Of vir die pes wat in die donker wandel+
Of vir die vernietiging wat op die middaguur plunder nie.+
7 Duisend sal aan jou sy val
En tienduisend aan jou regterhand;
Naby jou sal dit nie kom nie.+
8 Net met jou oë sal jy toekyk+
En die vergelding van die goddeloses sien.+
9 Omdat jy gesê het: “Jehovah is my toevlug”,+
Het jy die Allerhoogste jou woonplek gemaak;+
10 Geen rampspoed sal jou tref nie,+
En nie eens ’n plaag sal naby jou tent kom nie.+
11 Want hy sal sy engele aangaande jou bevel gee+
Om jou op al jou weë te bewaar.+
12 Op hulle hande sal hulle jou dra,+
Sodat jy nie jou voet teen enige klip sal stamp nie.+
13 Op die jong leeu en die kobra sal jy trap;+
Jy sal die jong maanhaarleeu en die groot slang vertrap.+
14 Omdat hy sy geneentheid op my gerig het,+
Sal ek ook aan hom ontkoming verskaf.+
Ek sal hom beskerm omdat hy my naam leer ken het.+
15 Hy sal my aanroep, en ek sal hom antwoord.+
Ek sal met hom wees in benoudheid.+
Ek sal hom red en hom verheerlik.+
16 Met lengte van dae sal ek hom versadig,+
En ek sal hom redding deur my laat sien.+