94 O God van wraak, Jehovah,+
O God van wraak, straal!+
2 Verhef u, o Regter van die aarde.+
Bring ’n vergelding oor die hoogmoediges.+
3 Hoe lank sal die goddeloses, o Jehovah,+
Hoe lank sal die goddeloses jubel?+
4 Hulle laat woorde uitborrel, hulle bly onbeteueld praat;+
Almal wat skadelike dinge beoefen, bly met hulleself spog.+
5 O Jehovah, hulle bly u volk verbrysel,+
En hulle hou aan om u erfdeel te verdruk.+
6 Hulle maak die weduwee en die inwonende vreemdeling dood,+
En hulle vermoor die vaderlose seuns.+
7 En hulle bly sê: “Jah sien dit nie;+
En die God van Jakob verstaan dit nie.”+
8 Verstaan tog, o redeloses onder die volk;+
En wat julle sotte betref, wanneer sal julle enige insig hê?+
9 Kan Hy wat die oor plant, nie hoor nie?+
Of kan Hy wat die oog vorm, nie kyk nie?+
10 Kan Hy wat die nasies bestraf, nie teregwys nie,+
Ja, Hy wat die mense kennis leer?+
11 Jehovah ken die gedagtes van die mense, dat dit soos ’n asemstoot is.+
12 Gelukkig is die man wat u teregwys,+ o Jah,
En wat u uit u wet leer,+
13 Om hom rus te gee van dae van rampspoed,+
Totdat ’n kuil vir die goddelose gegrawe word.+
14 Want Jehovah sal sy volk nie verstoot nie,+
En ook sal hy sy erfdeel nie verlaat nie.+
15 Want die regterlike beslissing sal tot regverdigheid terugkeer,+
En al die opregtes van hart sal dit volg.
16 Wie sal vir my opstaan teen die kwaaddoeners?+
Wie sal vir my opkom teen dié wat skadelike dinge beoefen?+
17 As Jehovah my nie gehelp het nie,+
Sou my siel gou in stilte gewoon het.+
18 Toe ek gesê het: “My voet sal beslis wankel”,+
Het u liefderyke goedhartigheid, o Jehovah, my bly onderskraag.+
19 Toe my verontrustende gedagtes binne-in my baie geword het,+
Het u vertroostinge my siel begin streel.+
20 Sal die troon wat teëspoed veroorsaak, u bondgenoot wees,+
Terwyl dit moeilikheid deur verordening beraam?+
21 Hulle rig skerp aanvalle op die siel van die regverdige+
En verklaar selfs die bloed van die onskuldige goddeloos.+
22 Maar Jehovah sal vir my ’n veilige hoogte word,+
En my God die rots van my toevlug.+
23 En hy sal hulle skadelikheid op hulle laat terugkeer+
En sal hulle met hulle eie rampspoed tot swye bring.+
Jehovah ons God sal hulle tot swye bring.+