96 Sing tot Jehovah ’n nuwe lied.+
Sing tot Jehovah, alle bewoners van die aarde.+
2 Sing tot Jehovah, loof sy naam.+
Verkondig van dag tot dag die goeie nuus van redding deur hom.+
3 Maak onder die nasies sy heerlikheid bekend,+
Onder al die volke sy wonderlike werke.+
4 Want Jehovah is groot+ en baie lofwaardig.
Hy is vreesinboesemend bo alle ander gode.+
5 Want al die gode van die volke is waardelose gode;+
Maar wat Jehovah betref, hy het die hemele gemaak.+
6 Waardigheid en prag is voor hom;+
Sterkte en sieraad is in sy heiligdom.+
7 Skryf aan Jehovah toe, o families van die volke,+
Skryf aan Jehovah heerlikheid en sterkte toe.+
8 Skryf aan Jehovah die heerlikheid toe wat sy naam toekom,+
Bring ’n gawe en kom in sy voorhowe.+
9 Buig julle voor Jehovah neer in heilige feesgewaad;+
Krimp ineen van pyn weens hom, alle bewoners van die aarde.+
10 Sê onder die nasies: “Jehovah het koning geword.+
Ook word die vrugbare land stewig gevestig sodat niks dit kan laat wankel nie.+
Hy sal die regsaak van die volke in geregtigheid bepleit.”+
11 Laat die hemele hulle verbly, en laat die aarde bly wees.+
Laat die see donder en alles wat dit vul.+
12 Laat die oop veld jubel en alles wat daarin is.+
Laat al die bome van die woud terselfdertyd met vreugde begin uitroep+
13 Voor Jehovah. Want hy het gekom;+
Want hy het gekom om die aarde te oordeel.+
Hy sal die vrugbare land in regverdigheid oordeel+
En die volke in sy getrouheid.+