Spreuke
4 Luister, o seuns, na die dissipline van ’n vader+ en skenk aandag, sodat julle begrip kan verkry.+ 2 Want ek sal beslis goeie onderrig aan julle gee.+ Moenie my wet verlaat nie.+ 3 Want ek was ’n ware seun vir my vader,+ teer en die enigste voor my moeder.+ 4 En hy het my onderrig+ en vir my gesê: “Laat jou hart+ my woorde stewig vashou.+ Onderhou my gebooie en bly lewe.+ 5 Verwerf wysheid,+ verwerf begrip.+ Moenie die woorde van my mond vergeet nie, en moenie daarvan afwyk nie+. 6 Moet dit nie verlaat nie, en dit sal jou bewaar. Wees lief daarvoor, en dit sal jou beveilig. 7 Wysheid kom eerste.+ Verwerf wysheid; en by alles wat jy verwerf, verwerf begrip.+ 8 Ag dit hoog, en dit sal jou verhef.+ Dit sal jou verheerlik omdat jy dit omhels.+ 9 Vir jou kop sal dit ’n bekoorlike krans gee;+ ’n pragtige kroon sal dit aan jou verskaf.”+
10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan.+ Dan sal die lewensjare vir jou baie word.+ 11 Ek sal jou in die weg van wysheid onderrig;+ ek sal jou in die spore van regskapenheid laat loop.+ 12 Wanneer jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie;+ en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.+ 13 Gryp dissipline aan;+ moet dit nie laat los nie.+ Bewaar dit, want dit is jou lewe.+
14 Moenie die pad van die goddeloses betree nie,+ en moenie reguit in die weg van die slegtes inloop nie.+ 15 Vermy dit,+ moenie daarop gaan nie;+ draai weg daarvan en gaan verby.+ 16 Want hulle slaap nie as hulle nie kwaad doen nie,+ en hulle slaap is hulle ontneem as hulle nie iemand laat struikel nie.+ 17 Want hulle het die brood van goddeloosheid geëet,+ en die wyn van gewelddade drink hulle.+ 18 Maar die pad van die regverdiges is soos die helder lig wat al hoe helderder word totdat dit heeltemal dag is.+ 19 Die weg van die goddeloses is soos die donker;+ hulle het nie geweet waaroor hulle bly struikel nie.+
20 My seun, skenk tog aandag aan my woorde.+ Neig jou oor tot my gesegdes.+ 21 Mag hulle nie voor jou oë wyk nie.+ Bewaar hulle in jou hart.+ 22 Want hulle is lewe vir dié wat hulle vind+ en gesondheid vir hulle hele vlees.+ 23 Bewaak jou hart meer as enigiets anders wat bewaar moet word,+ want daaruit is die oorspronge van die lewe.+ 24 Verwyder verdraaide woorde van jou;+ en hou slinkse lippe ver van jou af weg.+ 25 Wat jou oë betref, hulle moet reguit vorentoe kyk,+ ja, jou stralende oë moet reg voor jou uit kyk.+ 26 Maak die pad van jou voet gelyk,+ en laat al jou weë stewig gevestig wees.+ 27 Moenie regs of links afwyk nie.+ Verwyder jou voet van wat sleg is.+